Local news

Nigel VLU kom meer te wete oor Egipte

Die vroue van die Nigel VLU het ook die Egiptiese tema tenvolle geniet.

Lede van die VLU Nigel-tak het op 13 April hul maandelikse vergadering gehou met die tema Internasionaal.

Die gasvrou, Annatjie van der Merwe, het vir die vroue meer oor Egipte en die land se verskeie besienswaardighede vertel.

Tydens die vergadering het Mabel van Staaden ook die tak prysuitdeling, wat die lede se prestasies by die kongres (2022), in die tak en ook by die konferensie (2023) insluit, behartig.

Tonien Botha het tydens die vergadering ook haar verjaarsdag gevier.

Die volgende taklede het sertifikate en trofeë ontvang: Ronel Lombaard, Tonien Botha, Marcelle Bonafé, Riekie Kieck, Mary Lynn Jeffrey, Susan Valentine, Erna du Toit, Hettie Botha, Annatjie van der Merwe, Theresa Scholtz, Minnie van Jaarsveld, Rina Murphy, Kitty Bronkhorst, Anneline Nel, Anna-Marie Axer en Elsa Greyling.

Gasvrou Annatjie van der Merwe het volgens die tema aangetrek.

Axer was ook die lid met die meeste punte by die kongres (2022), die konferensie (2023) en die lid met die meeste punte in die tak.

Ronel Lombaard en Anna-Marie Axer het die Egiptiese tema geniet.

Die tak sal op 5 Mei ‘n fondsinsameling hou waarby die gemeenskap hoender- en ribburgers kan bestel.
Die tak se volgende vergadering sal op 11 Mei gehou word.

Vir meer inligting oor die tak of fondsinsameling, kontak Axer by 082 886 2002 of vir Greyling by 083 703 1763.

Hettie Botha, Elsa Greyling, Annatjie van der Merwe en Nokkie du Toit.

Related Articles

Back to top button