Markus reik na die sterre

Plaaslike akteur gaan groot naam maak.

Markus Everson (13) is ’n jong opkomende akteur wat daarna streef om ’n groot naam in die rolprentbedryf te word.

Markus was verlede jaar nog agter Laer Volkskool se skoolbanke en het dit vanjaar verruil vir Hoër Volkskool.
Die nuutste rolprent waarin Markus tans speel is Killsite 2. Dit sal binnekort op Netflix beskikbaar wees.

Dit is ’n sci-fi aksiefilm waarvan die tonele in Alberton asook in die Magaliesberge geskiet is.

Ter voorbereiding vir die rolprent het Markus vir ’n jaar lank waaghalsklasse in Pretoria sowel as Thembisa ondergaan.

Markus Everson met kinders van Thembisa terwyl hy waaghalsklasse gehad het.

In die rolprent speel Markus die rol van ’n karate expert.

In die verlede het hierdie jong akteur naam gemaak in kort films. Die laaste een was in 2021in ’n film wat op die VIA kanaal uitgesaai was.

“Elkeen moet iewers begin en iets vir hulle bou. Ek sien dié as my boustene vir die toekoms,” het Markus gesê.

“Ek sien my nuutste projek as ’n baie groot geleentheid en hopelik sal dit meer deure vir my oopmaak. Ek glo al is ek in die kollig moet ek nog steeds gegrond wees en my waardes uitleef.

Markus Everon op die rolprent stel van Killsite 2.

“Die rolprentproduksie was ’n groter produksie as dít waaraan ek in die verlede blootgestel is en dit was baie opwindend gewees.

“Ek wou al van kleintyd in rolprente speel en die geleentheid is soos ’n droom wat waar word,” het Markus gesê.
“Nou glo ek om te reik vir die sterre en hard te werk om daar te kom, maar ek sien beslis kans daarvoor.”

Markus geniet ’n uitdaging en glo elke uitdaging is ’n geleentheid om te groei.

Aksie met Markus Everson.

Deel van Markus se buitemuurse aktiwiteite is karate wat hy nou al vir vyf jaar beoefen en het tans ’n bruin gordel by ’nn plaaslike karateklub.

Verder is Markus ook ‘n kranige klavierspeler en het in die verlede krieket ook gespeel.

“Wie weet, dalk is ek die volgende rolprentster. Dit is iets om aan te werk maar bo alles moet ek myself wees, my eie ideale navolg en nie in ander se voetspore probeer loop nie.”

Markus Everson.
Markus Everson in aksie tydens verfilming.
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version