Local news

Vatvas orkes hou vas aan hulle toekenning

Afri-Indie toekenning vir plaaslike dansorkes.

Die plaaslike dansorkes, Die Vatvas Dansorkes het tydens die onlangse Afri-Indie Onafhanklike

Kunstenaarstoekennings weggestap met die toekenning in die beste instrumentele afdeling.

Dié geleentheid was op 4 April in die Colosseum Reale in Pretoria gehou.

Dit is die tweede agtereenvolgende jaar dat die orkes die toekenning wen.

Al die lede van die Vatvas Dansorkes is plaaslike musikante.

Martin Viljoen is ‘n trotse Heidelberger, Rudie Grobler en Johan Duvenhage is van Nigel afkomstig en Koos van Dyk is vanaf Balfour.

Die Afri-Indie toekennings is ‘n platform vir musikante, musiekskrywers, musiekvervaardigers en musiekvideograwe in die musiekbedryf in Suid-Afrika.

Die groep spog met ‘n langs lys ander toekennings wat wat Ghoemas, SATMAS en Aitsa toekennings insluit.

Vir meer inligting oor die orkes asook besprekings kontak Rudie Grobler by 076 071 7011 of Martin Viljoen by 072 435 5014.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button