Volkskool netbal spanne vaar uitstekend

Die o15 span het met uitstekende spel 'n algehele derde plek behaal.

Netbalspelers van die Hoër Volkskool het onlangs aan die Afrikaans Meisies Hoër se prestige netbaltoernooi deelgeneem.

Daar was altesaam 18 skole wat aan die toernooi, in die verskillende ouderdomsgroepe, deelgeneem het.

Die Volkskool se o15 netbalspan het veral besonder goed gevaar en het algeheel derde geëindig.

Arné van Tonder (van die o15 span) is as die beste verdedigende speler van die toernooi aangewys.

Die o17 span het vyfde in hul ouderdomsgroep klaar gemaak.

Arné van Tonder is as die beste verdedigende speler van die toernooi aangewys.
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version