Local news

AGS Dunnottar beplan paasfeesvieringe

Pastoor Richard Anderson van die AGS Dunnottar gemeente nooi die gemeenskap uit om in die paasfeesvieringe te deel.

Die AGS Dunnottar gemeente sal vanaf 5 tot 9 April die Via Dolorosa Kruisstasie deurloop aanbied.

Die deurloop sal bestaan uit verskeie stasies wat die pad van Jesus se kruisiging uitbeeld.

“Ons nooi die gemeenskap uit om saam met ons, onsself in Jesus se skoene te plaas,” sê pastoor Richard Anderson van die gemeente.

Die kruisstasie deurloop is gratis vir die gemeenskap en sal elke aand by die gemeente vanaf 18:00 tot 20:00 toeganklik wees.

Besoekers kan ook koek en tee by die kerk geniet wat te koop sal wees.

Die geleentheid sal plaasvind by die kerk, geleë in Christophersonstraat 54 in Dunnottar.

Die kerk sal ook op 7 April (Goeie Vrydag) ‘n oggend diens hou om 08:00 en ‘n opstandigsdiens op 9 April om 09:00.

Vir meer inligting kan Anderson by 083 657 1792 gekontak word.

Related Articles

Back to top button