Local news

AfriForum maak saak oor rioolstorting

Gebrek aan optrede lei tot saak.

Die Heidelberg-tak van AfriForum het op 24 Maart ‘n saak van kriminele nalatigheid aanhangig gemaak teen Lesedi Plaaslike Munisipaliteit (LSM) se munisipale bestuurder, Sbu Dlamini.

Die klagte spruit uit die feit dat die plaaslike tak herhaaldelike pogings aangewend het om LPM sovêr te kry om die rioolstorting in Bens Straat, Heidelberg, aan te spreek.

Die Departement van Waterwese en Sanitasie was reeds in Januarie op die toneel en beloof dat die probleem onmiddellik aandag sal geniet.

Die HERAUT het op 8 Februarie oor die rioolstorting gerapporteer en die woordvoerder het laat weet dat die saak aandag geniet en dat hulle wag vir goedkeuring sodat die riool skoon gemaak kan word.

Sedertdien was daar nog geen aksie nie.

Rioolstorting in Benzstraat het AFriForum genoop om ‘n klagte aanhandig te maak.

AfriForum het gewag om terugvoering van LPM te kry en weens die feit dat geen kommunikasie ontvang is ‘n besluit geneem om ’n saak by Heidelberg SAP te open.

In Mei laasjaar het Willem Sprong, voorsitter AfriForum Heidelberg, gewaarsku dat klagtes aanhangig gemaak sal word as die riool probleme in Heidelberg nie reg gestel gaan word nie.

“Dit is hoogtyd dat amptenare verantwoordelik gehou word vir hulle nalatigheid in die uitvoer van hulle pligte,” het Sprong gesê

Nou wag AfriForum dat die reg sy gang en dat die verantwoordelike amptenare aanspreeklik gehou gaan word.
Lesedi Plaaslike Munisipaliteit was genader vir kommentaar.

Related Articles

Back to top button