Local newsSport

SA Big 5K skop in Heidelberg af

Pretloop deur die strate van Jordaan Park

‘n Groot groep geesdriftiges het op 24 Maart aan die SA Big 5K pretloop deur die strate van Jordaan Park deelgeneem.

Die pretloop is oor ‘n afstand van vyf kilometer beslis.

Lerine Kruger het die wedloop in die tweede plek voltooi.

Die opkoms was beter as wat verwag is en daar was ‘n lekker gees onder die deelnemers.

Francesco Conte was eerste oor die wenstreep.

Daar was nie ‘n ouderdomsbeperking nie en deelnemers kon draf, hardloop of dit met ‘n rustige stappie voltooi.
Die wenner was Franecsco Conte met ‘n wentyd van 19:42.

Rowan Bolton het derde klaargemaak.

Tweede was Lerine Kruger en kort op haar hakke Rowan Bolton en Jevan Dibate in die vierde plek.

Jevan Dibaté, Rowan Bolton, Francesco Conte en Lerine Kruger.

Daar word nog beplan om vanjaar nog ‘n paar pretloop byeenkomste aan te bied.

Vir meer inligting oor die SA Big 5K in Heidelberg kontak Marietjie Shepherd by 082 924 0872.

Related Articles

Back to top button