Rugbydag lewer goeie rugby

Harde werk lê vir Heidelberg RK voor.

‘n Dag van skouspelagtige rugby in goeie gees was op die spyskaart tydens die Heidelberg Rugbyklub se rugbydag wat op 18 Maart op die Hoër Volkskool se rugbyvelde plaasgevind het.

In die finale wedstryd het Heidelberg teen Elsburg Rugbyklub te staan gekom. Elsburg het die wedstryd 34-17 gewen.

Roaan Viljoen maak reg om die bal te skop.

Elsburg het eerste Heidelberg se doellyn in die vierde minuut oorgesteek wat vervyf was.

In die 14de minuut het Heidelberg ‘n drie gedruk. Die vervyfskop was mis.

Heidelberg draf op die veld.

Daarna het beide spanne hard gewerk om te verseker dat hul span die botoon kon voer.

Elsburg het weer in die 27ste minuut punte aangeteken met ‘n drie wat ook vervyf was. Elsburg het ook ‘n strafskop deur die pale gejaag.

Die Harlequins-span voor hulle wedstryd.

Heidelberg moes met 14 manne vir die res van die wedstryd klaar kom as gevolg van ‘n rooi kaart wat aan een van hulle spelers gegee was.

Elsburg het met 17-5 teen halftyd voorgeloop.

Lynstaanspel tussen Heidelberg en Elsburg.

Die tweede helfte van die wedstryd was baie meer gelykop. Beide spanne het twee drieë gedruk.

Heidelberg het in die wedstryd drie drieë gedruk en een vervyfskop oorgeskop terwyl Elsburg vier drieë gedruk, vier vervyfskoppe en twee strafskoppe oorgeskop het.

Heidelberg op die aanval.

Daar was 20 skrums en 20 lynstane in die wedstryd. Heidelberg het 14 strafskoppe en Elsburg 16 strafskoppe afgestaan.

Daar was ook een vryskop aan Heidelberg toegestaan.

Harlequins op die aanval.

Die ander spanne wat aan die rugbydag deelgeneem het was Vereeniging o21, Union, Oos Rand Polisie, Nigel, Kempton Park, Edenvale, VUT, Harlequins, ERU, Benoni, Sasolburg en Elsburg.

Jackie van Rensburg en Marinda Greyling (Heidelberg se afrigters vroue) het die ingangshek beman.
Jason van Jaarsveld sit ‘n verligtingskop in.
Heidelberg en Elsburg se spanfoto.
Exit mobile version