Local newsSport

Nigel teken ‘n oorwinning oor Heidelberg aan

Geelkaarte ontsier opwindende wedstryd.

Nigel en Heidelberg se tweede spanne het teen mekaar te staan gekom tydens Nigel klub se rugbydag op 4 Maart.

Nigel het met 40-19 gewen.

Beide spanne het hulself goed van hul taak aan die begin van die wedstryd gekwyt totdat Nigel hulle eerste drie in die 11de minuut gedruk het.

Roaan Viljoen skop pale toe.

Daarna het hulle na willekeur nog vier drieë gedruk sonder dat Heidelberg enige punte kon aanteken. Vier van die vervyfskoppe was ook deur die pale geskop.

Nigel het 33–0 teen halftyd voorgeloop.

Ruhan Nel skop pale toe.

In die tweede helfte het Nigel weer vining ‘n drie gedruk en die vervyfskop oorgeskop. Daarna het Heidelberg in rat gekom en self drie drieë gedruk waarvan twee verdoel was.

Bongi Ntuli snel oppad doellyn toe.

Die humeure tussen die twee spanne het hoog geloop, wat gevolg het dat vyf geelkaarte uitgedeel was.

Daar was altesaam 18 skrums en 12 lynstane in die wedstryd. Daar was nege strafskoppe aan Nigel toegestaan en agt aan Heidelberg.

Skrumtyd tussen Nigel en Heidelberg.

Related Articles

Back to top button