Local news

Helpende Hand kan nou brei vir ‘n vale na groot skenking

Die skenking van die 20 breimasjiene gee die projek 'n groot hupstoot.

Solidariteit Helpende Hand, Heidelberg-tak onder leiding van hul voorsitter Patricia Meyer, is besig met breiprojekte vir die gemeenskap wat in die winter iets warm gaan benodig.

In die verlede het Helpende Hand van hul lede na MachKnitZ in Springs gestuur om meer te leer in die gebruik van breimasjiene.

Op 1 Maart het Helpende Hand Heidelberg-tak ‘n groot skenking van MachKnitZ ontvang.

Die breimasjiene wat aan Helpende Hand Heidelberg-tak gegee is.

Stigterslid van MachKnitZ, Adri Grib, het aan Helpende Hand 20 brei masjiene geskenk sowel as verskeie gebreide items soos serpe, truie, mussies en bedsokkies.

Die gebreide items was deur haar personeel vir Helpende Hand gebrei.

Adri Grib die stigterslid van MachKnitZ by die gebreide items wat geskenk is.

“Ons is dankbaar ek stomgeslaan deur die skenking. Ons is verseker geseën om die skenking in ontvangs te neem, en sal verseker dat ons breiprojek volkome op stoom kan kom en baie vroue sal inspan om te help,” het Meyer gesê.

“Ons kort nou net ‘n plek in die Rensburg area waar ons die masjiene kan opstel voor ons in alle erns kan begin met opleiding.”

As enigeen betrokke wil raak of wil help met ‘n plek of skenking, kontak Patricia Meyer op 083 305 3577.

Die gebreide items wat deel van die skenking was.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button