Senior burgers geniet sportdag

Suikerbosoord wys hulle is nog jonk van gees.

Die senior burgers en inwoners van Suikerbosoord het onlangs met ‘n huppel in die stap aan ‘n prettige sportdag deelgeneem.

Marlene Walkden, die maatskaplike werker, het ‘n genotvolle program beplan waaraan die inwoners met oorgawe deelgeneem het.

Selfs dié wat gebruikmaak van looprame, krukke en rolstoele het nie op die kantlyn gesit nie.

Deelnemers is entoesiasties aangespoor en dié wat kortpad wou kies is gou uitgesorteer. Die oudste deelnemer was Eileen Thane (93).

Van die items wat aangebied was het onder andere musikale balgooi, balrol, hokkie dribbel, leeuloop en spiesstok-gooi ingesluit.

Richard Warrington neem aan die Leeuloop deel.
Rina Lauwless rol die bal na die kegels toe.
Regina Paynter neem aan die musikale balgooi deel.
‘n Personeellid, Hannetjie Marais, hardloop met die bal tydels hokkie dribbel.
Eileen Thane (93) neem deel aan die spiesgooistok-gooi item.
Maatskaplike werker Marlene Walkden verduidelik die dag se gebeure.
Exit mobile version