Local news

Wyk Agt se Mirna Mulder het as raadslid bedank.

Die bedanking is onmiddellik van krag.

Raadslid Mirna Mulder, Wyk Agt raadslid in die Lesedi Plaaslike Munisipaliteit (LPM), het op 28 Februarie bedank.

Haar bedanking is onmiddellik van krag. Mulder sal egter nog in haar hoedanigheid as DA lid aanbly.

Sy gaan haar nou op haar eie dorpsbeplanning besigheid in Heidelberg toespits.

“Dit was ‘n goeie 12 jaar waar ek baie geleer en ervaar het. ek het dit geniet om die gemeenskap te dien,” het Mulder gesê.

“Ek is steeds ‘n lid van die DA en voel dat dit die toekoms van ons land se behoud sal bly om mense te verenig in ’n sterk opposisie. Ek het gevoel dat dit die aangewese tyd is om nou uit te tree.”

‘n Tussenverkiesing kan moontlik binne die volgende 90 dae volg.

Related Articles

Back to top button