Earth Owl leer kinders waardevolle vaardighede

Die leerders van die twee skole het die vaardigheid ontwikkelingsdag met Earth Owl bygewoon.

‘n Groep leerders en hul onderwysers van Kartel Academy en Courageous Kids Montessori het op 18 Februarie ‘n vaardigheid ontwikkelingsdag saam met Earth Owl bygewoon.

Die dag was gehou op Earth Owl se vaardigheid ontwikkelingsplaas in Bultfontein buite Nigel.

“Dit was ‘n baie interessante en leersame dag saam met die kinders en hul onderwysers,” het Roché Pepler van Earth Owl gesê.

Pepler meen dat die doel van die dag en soortgelyke toekomstige dae is om skole, wat landbou klasse aanbied, te betrek.

“Ons kan skole help om die meer praktiese aspekte van landbou uit te voer en om die kinders se vaardighede in die gebied te help ontwikkel,” sê Pepler.

Tydens die dag het Santana Pestana, ook van Earth Owl, ‘n demonstrasie aangebied oor grond gesondheid en hoe om plante te plant.

‘n Verdere demonstrasie oor herwinning en hoe om goedere te hergebruik was ook op die agenda.

Santana Pestana en Roché Pepler van Earth Owl beoog om meer skole by die inisiatief betrokke te kry.

“Ons het ‘n ou band gebruik vir die herwinning demonstrasie, en goeie kompos en ‘n deklaag gras daarin gesit,” verduidelik Pepler.

Pestana het ook vir die kinders gewys wanneer saad reg is om te plant en ook hoe om saailinge oor te plant.
As gevolg van die reën kon ‘n oes-demonstrasie nie plaasvind nie, maar Earth Owl het vir elke kind ‘n oes-pakkie gegee.

“Ons nooi alle skole uit vir uitstappies na ons vaardigheid ontwikkelingsplaas, of skole wat landbou vakke aanbied vir praktiese oefening,” sluit Pepler mee af.

“Earth Owl is daar vir die kinders en vir hul ontwikkeling om ‘n saadjie vir die toekoms te plant.”

Diegene wat met Earth Owl in kontak wil kom vir meer inligting, kan vir Pepler by 060 482 1280 skakel.

Exit mobile version