Local newsSport

Vegters presteer goed

Vegters hou Ability Academy se naam hoog.

Vier lede van die Ability Academy het op 15 Februarie aan die AJP Tour Johannesburg Internasionale Jiu-Jitsu Kampioenskappe by die Wits Universiteit deelgeneem.

Die vegters was James Hendriks, Sebastiaan Ferreira, William Roos asook Elias Roos.

Ferreira het met ‘n goue medalje weggestap, William en Elias Roos elkeen ‘n silwer medalje en Hendricks het ‘n brons medalje verower.

Die toernooi was die eerste waaraan Ferreira meegeding het nadat hy onlangs sy blou gordel verwerf het.

Dit was Hendricks, wat in Mei 2022 by die Ability Academy aangesluit het, se eerste toernooi. Sedertdien het hy al opgeskuif na ’n grys-wit belt.

Die twee Roos vegters het al verskeie toernooie en kompetisies agter die blad.

“Ons studente oortref hulself met elke toernooi waar hulle deelneem,” het die afrigter van Ability Academy, Stefan Pretorius, gesê.

“Na die kompetisie is ons ’n algehele 14de plek aangewys. In die jeugafdeling is ons in beide Afrika asook Suid-Afrika sesde op die ranglys. Vir ons is dit ‘n besonderse prestasie.”

Related Articles

Back to top button