Roberto Atalla, wêreld bekende Brasiliaanse Jiu-Jitsu instrukteur en stigterslid van Jiu-Jitsu, het saam mett Ability Academy het op 3 Februarie ‘n seminar in Heidelberg aangebied.
Ability Academy is onder die vaandel van die Rio Grappling Klubs.
Die seminaar het gefokus op Jiu-Jitsu en Rio Grappling kontaksport.
“Die seminaar is ‘n groot mylpaal vir Jiu-Jitsu Heidelberg,” het Ability Academy se afrigter, Stefan Pretorius gesê.
“Om Roberto by ons te hê was ‘n eer. Hy het sy jare van ondervinding met die studente gedeel.”
“Die seminar was ‘n groot sukses en almal wat dit bygewoon het, het met nuwe kennis weggestap,” het Pretorius gesê.
Die seminaar was veral vir Pretorius besonder aangesien hy op dié dag sy swart gordel van Roberto ontvang het.
Van Roberto Atalla se prestasies sluit in Wêreldkampioen (1996, 1997), Wêreld silwer medalje (1999), Pan American silwer medalje (1999, 2000), Brasiliaanse nasionale silwer medalje (1999), Rio de Janeiro kampioen (1998), Britse Grappling kampioen (2003) en Europese kampioen (2007).