Local newsSport

Witbank wen teen Heidelberg

Heidelberg Rugby staan vir niemand terug nie.

Heidelberg Rugbyklub se spelers het op 11 Februarie na Witbank gereis vir hulle eerste wedstryd van die jaar.

Die wedstryd was in nat weer beslis en Witbank het as oorwinnaars van die veld met 35–19 gestap.

Spel was van die begin af baie straf met Witbank en Heidelberg wat elk drieë gedruk het.

Teen halftyd het Witbank met 28–19 voorgeloop.

Die tweede helfte was ‘n ander storie en was baie gelykop. Witbank het hulle laaste punte net voor die einde van die wedstryd aangeteken.

Brennan Ryan, Roaan Viljoen en Jason van Jaarsveld druk elk ‘n drie vir Heidelberg. Roaan Viljoen het twee drieë verdoel.

Berge se volgende wedstryde is soos volg: 25 Februarie Springs Rugbyklub rugbydag, 18 Maart Heidelberg Rugbyklub se rugbydag (Volkskool), 25 Maart Merlin Beker teen Kempton Wolwe (Volkskool) en 1 April teen Nigel (Volkskool).

Related Articles

Back to top button