Local newsSport

Berge skaaf hulself reg vir die seisoen

Die klub vier vanjaar sy 140ste bestaansjaar.

Die Heidelberg Rugbyklub gaan in die 2023 rugbyseisoen in die Valke Merlin Liga speel.

Spanne wat in dié liga meeding sluit in Sasolburg, Meyerton, VUT, Edenvale, Elsburg en Nigel.

Gedurende die 2022 seisoen was Heidelberg Rugbyklub die wenners van die Kestrel Liga.

Berge se eerste paar vriendskaplike wedstryde sal weg wedstryde wees waar hulle hulself wil regskaaf vir die strawwe seisoen wat voorlê.

Roaan Viljoen skop pale toe tydens een van die klub se wedstryde wat in 2022 plaasgevind het.

Voordat die seisoen in erns begin, is daar baie wat nog gedoen moet word met beplanning en strawwe oefeninge.

Dit is vanjaar ook die Berge se 140ste bestaansjaar en verskeie geleenthede, om dié mylpaal te vier sal deur die loop van die jaar plaasvind.

Een van die hoogtepunte is ‘n rugbydag wat op 18 Maart aangebied sal word.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button