Local news

Skoon Heidelberg op ‘n missie

Ongure weer keer Skoon Heidelberg nie.

Die Skoon Heidelberg groep het op 9 Februarie, ten spyte van die reënerige weer, voort gegaan met hul taak om Heidelberg skoon te kry.

Die groep vrywilligers kom een keer ‘n week bymekaar en fokus op ‘n probleemarea in die dorp.

Die area agter die Heidelberg Winkelsentrum was Donderdagoggend die teiken.

“Sedert die laaste keer wat ons hier skoon gemaak het, lyk dit al soveel beter,” het Skoon Heidelberg se woordvoerder, Charlotte Cloete, gesê.

“Ons hoop dat die skoonmaak van die omgewing aansteeklik word en dat meer inwoners by ons groep sal inskakel. Ons is verseker op ‘n missie op Heidelberg en die gemeenskap bewus te maak om die omgewing skoon te hou.

“Elke week word ‘n verskillende area in Heidelberg aangepak om te verseker dat Heidelberg se prag landskap behoue kan bly,” het Cloete gesê.

Die groep kom elke Donderdag om 08:00 bymekaar.

Belangstellendes kan vir Cloete by 083 488 5337 kontak.

Charlotte Cloete Skoon Heidelberg se woordvoerder het daad by die woord gevoeg.

Related Articles

Back to top button