Local newsSport

Balfour Hengelklub katrol grotes in

Hengelaars het goed gevang tydens die maandelikse kompetisie.

Sowat 24 lede van die Balfour Hengelklub het op 4 Februarie by Poortjie, langs die Vaaldam aan hul maandelikse klubkompetisie deelgeneem.

Tydens die kompetisie was daar ‘n aantal van 541 vis gevang met ‘n totale gewig van 250.832kg.

Die wenners tydens die kompetisie was soos volg (plekke word van eerste tot derde aangedui):

Senior mans:

• Lukas Stoltz het 45 vis met ‘n totale gewig van 25.733kg uit die water katrol.

• Bennie Kriel het 51 visse met ‘n gewig van 13.603kg gevang.

• Heine Terblanche het 39 visse met ‘n gewig van 22.053kg uit die water getrek.

Vroue wenners:

• Ingrid Kriel het 25 vis met ‘n gewig van 9.373kg gevang.

• Sonja Brits het sowat 18 vis met ‘n totale gewig van 9.266kg uit die water katrol.

• Darell Roos het ook 18 vis gevang wat ‘n totale gewig van 7.385kg geweeg het.

Junior wenners:

• Kallie Kriel het 25 visse uit die water katrol met ‘n gewig van 11.194kg.

• Jayden Nolte het 10 visse gevang wat ‘n totaal van 8.704kg geweeg het.

Nolte het ook die swaarste karp van die kompetisie gevang (2.899kg)

Stoltz het tydens die kompetisie die swaarste graskarp (3.723kg) en die swaarste baber (0.483kg) gevang.

Hennie Brits het die swaarste moddervis (0.929kg) gevang en Sonja Brits het die swaarste geelvis (0.141kg) gevang.

Die klub se volgende kompetisie sal by Kees van der Walt gehou word op 4 Maart.

Vir meer inligting kan Stoltz by 084 757 6058 of vir Jaco van der Merwe by 066 157 7848 gekontak word.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button