Local news

Voortrekkers leer meer oor jukskei

Die Meerkatte en Vlakvarke van die Suikerbos Voortrekkers het aandagtig geluister.

‘n Inwoner van die Riversands Aftree-Oord, Pikkie Boshoff (86), is nog steeds gewillig om jongmense touwys te maak en het die daad by die woord gevoeg toe hy onlangs vir ‘n groep Voortrekkers van jukskei geleer het.

Die 68-jarige is al ‘n geruime tyd ‘n inwoner in die aftree-oord en het sy kennis met die jong Voortrekkers gedeel.
Suikerbos Voortrekker Kommando se Meerkatte en Vlakvarke het meer oor dié spel geleer.

Pikkie Boshoff het sy vernuf met jukskei met die Voortrekkers gedeel.

Die jong Voortrekkers het die opvoedkundige en leersame uitstappie deeglik geniet.

Vir ‘n beter leermeester kon hulle ook nie vra nie aangesien Pikkie ‘n magdom kennis van die Voortrekkers het. Hy was self vanaf 1946 in die Voortrekkers.

Marlene Walkden, maatskaplike werker van die Suikerbos-Oord en deel van Suikerbos Voortrekker Kommando, het gesê dat die waardes wat Voortrekkers leer van onskatbare waarde vir die jeug is.

Pikkie Boshoff het die jong Voortrekkers touwys gemaak oor jukskei.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button