Heigel Fotoklub wys Januarie se foto wenners aan

Heigel fotoklub se fotograwe begin die jaar met spogfotos.

Die Heigel Fotoklub het op 18 Januarie hulle eerste vergadering vir 2023 gehou.

Die klub, wat fotograwe van die Heidelberg en Nigel omgewing insluit, kom elke tweede Woensdag van die maand bymekaar.

Tydens die byeenkomste word die foto’s, wat vir die maandelikse kompetisies ingeskryf word, bespreek en die top foto’s in verskeie kategorieë word deur ‘n paneel beoordelaars aangewys

Die junior foto wenner is Eugene Viljoen met sy foto getiteld Love is.

Die tema vir Januarie was ‘n straat toneel in swart en wit. Die wenfoto getiteld Normandy is deur Ineke Kleingeld geneem.

Die algehele wenfoto vir die maand, Devils Tooth, is deur Francois van Jaarsveld geneem en die beste junior foto getiteld Love is, is deur Eugene Viljoen geneem.

Die tema vir Februarie is ‘beweging’.

Die wenfoto vir die maand, Devils Tooth, is deur deur Francois van Jaarsveld geneem.

“Fotografie is ‘n kunsvorm waar ‘n oomblik in tyd vasgevang word om herinneringe vir die toekomstige generasies te bewaar,” het Francios van Jaarsveld van die Heigel Fotoklub gesê.

Van Jaarsveld het die publiek uitgenooi om by ie klub aan te sluit.

“Die uitnodiging is vir enigiemand wat meer oor fotografie wil leer, ongeag die tipe kamera of selfoon waaroor die persoon beskik.”

Hy kan by 083 659 9657 gekontak word.

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version