Local news

Gholfklub vra gemeenskap se hulp

Die bestuur van die Heidelberg Gholfklub vra die gemeenskap se ondersteuning en hulp.

Die Heidelberg Gholfklub wat in 1992 gestig is en al vir jare ‘n impak in die gemeenskap maak, benodig nou die gemeenskap se hulp.

“Met gereelde byeenkomste soos verskeie ligas en ook gholfdae, om nie eers te praat van die weeklikste klubkompetisies nie, is die HGK ‘n bron van aktiwiteite.

“Dit is ook ‘n veilige hawe tydens skoolvakansies vir juniors om tyd te kom verdryf,” sê Sonja Pretorius van die klub.

“Die klub streef om beter diens aan spelers te bied en verskeie verbeteringe by die klub aan te bring. Maar die krimpende ledetal, ‘n paar ekonomiese swaar jare en weens die feit dit ons nie wins najaag nie, raak dit egter al hoe moeiliker om die baan in top toestand te hou.”

Nog ‘n struikelblok is die feit dat die baan die afgelope tyd onder vandalisme deurloop.

Veldbrande, die afbrand van die lapa by gaatjie vier en diefstal in die algemeen veroorsaak ‘n verdere kopseer.

Die klub het tydens hul onlangse 30ste bestaansjaar vieringe ‘n wenslys opgestel van benodighede vir die gholfklub.

“Ons huidige ledetal kan net soveel bydra en bykomende hulp is broodnodig. Daarom reik ons uit na die publiek vir bystand in enige vorm,” sê Pretorius.

Die klub het die volgende nodig:

• Petrol aangedrewe gereedskap: grassnyer, kantsnyer (weed eater), bossiekapper (brush cutter) en kettingsaag.

• Tuingereedskap: graaf, vurk, pik en hark.

• Elektroniese gereedskap: slypmasjien (grinder) en boor.

• Hand gereedskap: hammer, skroewedraaiers, tange (enigiets is welkom).

• Grassny gereedskap vir ‘n trekker: bossiekapper en gras hark.

Enige een wat skenkings wil maak kan die klub kontak by 083 611 6203 of 082 725 0608.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button