Local news

Heidelberg geskiedenis: Van Belkum se voetspore lei Heidelberg toe

Van Belkum is in 1933 oorlede, en is in die Heidelberg Kloof Begraafplaas begrawe.

Ds Jacobus van Belkum was wel bekend in Heidelberg.

Van Belkum is in Leeuwarde, Friesland, Nederland op 2 November 1851 gebore en sterf op 4 November 1933 in Heidelberg.

Van Belkum was getroud met Anna Hermina Dekking van Utrecht op 15 Februarie 1877.

Vier seuns en drie dogters is uit dié huwelik gebore.

Van Belkum was ‘n dominee en leiersfiguur in die Nederduitse Hervormde Kerk in Heidelberg.

Jacobus van Belkum se ouers was Annee Marius van Belkum en Catharina van der Werff.

Ds Jacobus van Belkum.

In 1876 het van Belkum sy teologiese studies in Utrecht voltooi. Jacobus was in Nederland predikant van verskeie gemeentes voordat hy Suid Afrika toe gekom het.

In 1890 het van Belkum sy amp opgeneem vir die Hervormde gemeentes in Rustenburg en Zeerust.
Hy was op 5 Junie 1891 deur Ds MJ Goddefroy in die amp bevestig.

In 1903 het van Belkum Heidelberg sy tuiste gemaak en daar die kerk bedien tot 1927.

Die begin was van Belkum se verblyf op Heidelberg was moeilik. Vervoer was baie skaars en van Belkum moes die hele Suid-Oos Transvaal bedien.

Die kerkleier Ds AJ Louw was van Belkum in die begin nie goed gesind nie.

In 1913 is met die stigting van gemeente Vereeniging en in 1917 van die gemeente Eendracht groot stukke van Heidelberg afgesny.

Die Van Belkumsaal soos dit in 1933 gelyk het.

Kort voor lank het dié twee gemeentes in verskillende rigtings getrek en het elk sy eie predikant gehad.

Van Belkum moes as skriba van die algemene vergadering ook die belange van die hele Nederduitse Hervormde Kerk behartig.

Hy het hierdie amp in 1893 vir die eerste maal beklee en toe weer van 1897 ononderbroke tot 1922, toe hy vrywillig die tuig neergelê het.

Van Belkum was die grondlêer van kerklike joernalistiek in die NH Kerk.

In September 1899 het hy op eie inisiatief die kerklike maandblad De Hervormer begin, maar weens die boere-oorlog het dit doodgeloop.

Ná die oorlog het hy De Transvaalsche Kerkbode begin en daarna die Almanak voor de Nederduitsch Hervormde Kerk.

Hy het tot 1928 as redakteur aangebly.

In 1936 is die Van Belkumsaal in gebruik geneem.

Van Belkum se groot ideaal was om vir die Hervormde Kerk ‘n eie opleiding sentrum tot stand te bring.

Een ding wat glo van hom uitgestaan het is dat hy saggeaard was en nooit sonder sy tabak gesien was nie.

Een keer het Ds AJ Louw glo verby Van Belkum in die middedorp gestap en vir hom gevra wat sy plan was met die tabak wat hy altyd so rond dra. Van Belkum se antwoord was dat hy van plan was om dit te brand.

Op ‘n ander keer het Louw vir Van Belkum aangevat oor sy rokery en rookgewoontes en gesê die rokery kom direk van die duiwel af. Van Belkum het hom die daaraan gesteur nie.

Die Hervormde Kerk in Heidelberg het hulle saal na Van Belkum vernoem.

Op 25 Junie 2021 het die Van Belkumsaal sy eie blou plaatjie vir erfenis ontvang.

Van Belkum is in 1933 oorlede en is in die Heidelberg Kloof Begraafplaas begrawe.

Related Articles

Back to top button