Local newsSport

Nigel rugby is reg vir groter sukses

2023 bring nuwe uitdagings vir Nigel Rugby Klub.

Nigel Rugbyklub is reg om die nuwe seisoen aan te pak.

Die klub se oefensessies vind op Dinsdae en Donderdae by die John Vorster Stadium plaas.

Spelers van 18 jaar en ouer word uitgenooi om hul staal op die rugbyveld te wys.

Nigel is tans die houers van die Merlin-trofee vir beide die eerste- asook die tweede span.

“Die idee is om vanjaar die eerste- en tweede span asook ’n o21 span in te skryf,” het Anita Cilliers, Nigel se klubsekretaresse, aangedui.

Verskeie Nigel rugbyspelers was in 2022 gekies tot die Valke Plattelandse span.

Die afrigters is Hansie van Wyk en Reon Bezuidenhout vir die eerste span. Kobie Snyman, Evert Jacobs en Deon Myburgh gaan die tweede span afrig.

Die o21 afrigters sal op ‘n latere datum bekend gemaak word.

Vir meer inligting kontak Anita Cilliers by 082 409 3603.

Related Articles

Back to top button