Local newsSport

Heidelberg Rugbyklub is groot wenners by VRU prysuitdeling

Heidelberg rugby klub het groot planne vir 2023.

Die Valke Rugby Unie se jaarlikse prysuitdeling het op 2 Desember plaasgevind.

Heidelberg Rugby Klub of Berge soos die klub alom bekend is, het die trofee ontvang vir die wenners van die Kestrel Liga.

Berge het ook ‘n trofee ontvang vir beste junior klub, soos deur die Valke Skeidsregters Unie aangewys.

Die Heidelberg Rugby Klub het vroeër hulle eie jaareind funksie gehad.

Jaco van Rensburg (links) en Sean Greyling met die toekennings tydels die Valke Rugby Unie prysuitdeling.

Die wenners was soos volg:

• Speler van die jaar – Johan Ross.

• Junior speler van die jaar – Brennan Ryan.

• Senior Speler van die jaar – Jason van Jaarsveld.

• Voorspeler van die jaar – Quintin Griessel.

• Agterspeler van die jaar – Franco Strydom.

• Mees opkomende speler – Johan Ross.

• Mees opkomende agterspeler – Nathan Richards.

• Opkomende voorspeler (junior) – Boetie Wentink.

• Opkomende agterspeler (junior) Armand Bauermeister.

• Mees toegewyde spelers – Izak Tait en Johan De Ru.

• Kaptein van die jaar – Jason van Jaarsveld.

• Sportman van die jaar – James Atterbury.

• Speler met die meeste drieë – Franco Strydom (13).

• Meeste punte aangeteken – Roaan Viljoen (100).

• Goue skopskoen toekenning – Roaan Viljoen (80).

• Junior afrigter van die jaar – Armand Wessels.

• Afrigter van die jaar Jaco van Rensburg.

• Drie van die jaar – JJ Snyders.

• Klub Kaptein – Johan De Ru.

• Span Bestuurder – Monique Reynecke.

• Tessourier – Liz-Marié Greyling.Die klub sal vroeg in Januarie weer begin oefen om voor te berei vir die 2023 seisoen.

Die afrigter, Jaco Van Rensburg het belangstellende spelers uitgenooi om 10 Januarie 2023 in te skakel by die oefeninge.

Heidelberg Rugby Klub is van plan om ‘n o20, tweede en eerste span in te skryf in die Valke liga.

Die klub gaan ook in die 2023 seisoen in die Merlin Liga meeding.

Vir verdere inligting kan die klub se voorsitter, Sean Greyling by 083 611 2581 gekontak word.

Related Articles

Back to top button