Local news

AG Visser huis kry blou plaatjie status

Erfenis blou plaatjie aan AG Visser se woning toegeken.

Op 2 Desember het Tony Burisch van Heidelberg Heritage Association die nuutste blou plaatjie vir geskiedkundige huise aan AG Visser se woning toegeken.

Die huis is in 1890 gebou vir die destydse mynkommissaris in Heidelberg. Piet Retief Viljoen was een van die mynkommissarisse in Heidelberg.

Dr Andries Gerhardus Visser het diep spore in Suid Afrika asook Heidelberg gelos.

AG Visser se woning jare gelede.

AG Visser was ‘n onderwyser, dokter en welbekende digter.

Hy is op 1 Maart, 1878 in Fraserburg op die plaas Zaaifontein in die Noord-Kaap area in ‘n tent onder ‘n peerboom gebore.

AG Visser familie.

Sy ouers was Andreas Gerhardus en Martha Engela Elizabeth (Rossouw).

In 1891 het Visser skool gegaan by die Hugenote-gedenkskool in Dal Josafat, Paarl, saam met nóg twee bekende Afrikaanse digters, naamlik JD du Toit (beter bekend as Totius) en DF Malherbe.

In 1896 slaag Visser matriek by die Normaalkollege in Kaapstad. Hy voltooi ook sy onderwyseksamen (destyds genoem “die eksamen”) en word ’n onderwyser en later skoolhoof op Carnarvon in die Noord-Kaap. Gedurende die Anglo-Boereoorlog, wat vanaf 1899 tot 1902 gewoed het, het Visser sterk uitsprake teen die Britte gemaak.

Die borg van die blou plaatjie, Nico van Huysteen.

In daardie jare was die Kaapkolonie, waar Visser gewoon het, onder Britse beheer.

Visser word deur die dorp se kommandant in hegtenis geneem en vir ’n tyd lank tronk toe gestuur. Na sy vrylating was hy gedwing om uit sy onderwyspos te bedank.

In September 1901 verlaat Visser die Kaapkolonie en gaan Skotland toe. Hier studeer hy medies in die Skotse hoofstad, Edinburgh, by die Universiteit van Edinburgh. Na voltooiing sy studies in 1906 keer Visser Suid-Afrika toe.

Visser begin sy mediese praktyk in Carnarvon waar hy aanbly tot 1909. Daarna trek Visser na die Steytlerville area.
Hy ontmoet vir Laetitia Fransina (Lettie) Conradie, ’n 20-jarige onderwyser. Hulle word in die eg verbind in 1913.

Visser werk as ‘n dokter in Steytlerville vir sewe jaar. In 1916 trek Visser en Lettie Heidelberg toe.

Die Visser egpaar het drie kinders gehad, Andries Gerhards (Februarie 24, 1915), Anna Francina (De Jongh) (Maart 28, 1918) en Willem Johannes Conradie (Januarie 16,1920). Lettie sterf op 3 Februarie, 1920.

In 1923 ontmoet Visser vir Martha Maria (Marie) de Villiers (23) toe haar oupa, Japie Helpmekaar, haar aan Visser voorgestel het.

Op 4 Julie, 1927 tree Visser vir die tweede keer in die huwelik. Hy was goed bevriend met digter en skrywer Eugene N Marais.

‘n Borsbeeld van AG Visser is te sien in die tuin.

Marais het Visser oortuig om digkuns te beoefen en dit het vrugte afgewerp.

Visser het twee Hertzog toekennings ontvang vir sy digkuns. Visser was ere- voorsitter van die Heidelbergse Afrikaanse Taal en Kultuurvereniging. In 1918 was Visser ‘n lid van die stadsraad ook.

Die organisasie Historical Homes of South Africa het in samewerking met die Remgro Groep van Dr Johann Rupert die herstel van die AG Visserhuis gedoen en voltooi.

Die huis is gerestoureer so na moontlik aan die oorspronklike huis wat in 1890 gebou was.

Die oorspronklike dak is nog deel van die woning.

Wyle Dr Anton Rupert was een van V isser se pasiënte en ook ‘n vriend daarom is daar die belangstelling van die Remgro Groep dat die gebou as ‘n bakermat van Heidelberg behoue gebly het, en ook nou gebruik word as ‘n huis van genesing soos oorspronklik.

Die borg vir die blou plaatjie is Nico and Louisa van Huyssteen, die eienaars van Hunters in Heidelberg.

Die van Huysteen’s woon al 25 jaar lank in Heidelberg.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button