Local newsSport

Balfour Hengelklub vang groot

Die hengelklub het hul maandelikse kompetisie langs die Vaaldam geniet.

Lede van die Balfour Hengelklub het op 5 November hul maandelikse kompetisie by Van Driels langs die Vaaldam gehou.

Sowat 25 lede het die dag saam geniet en ‘n totaal van 256 visse met ‘n totale gewig van 82.345kg is deur die dag gevang.

Die wenners tydens die kompetisie was soos volg (plekke word van eerste tot derde aangedui):

Senior mans:

• Bennie Kriel het 36 visse uit die water katrol met ‘n totale gewig van 13.690kg.

• Jaco Nel het sowat 21 visse met ‘n totale gewig van 6.496kg gevang.

• Lukas Stoltz het 17 visse uit katrol met ‘n totale gewig van 4.942kg.

Vroue wenners:

• Ingrid Kriel het ‘n totaal van 21 vis gevang met ‘n totale gewig van 5.660kg.

• Riette Dercksen het sowat 16 vis met ‘n totale gewig van 2.958kg gevang.

• Darell Roos het sewe vis uit die water katrol met ‘n totale gewig van 7.238kg.

Juniors:

• Kallie Kriel het 15 visse uit die water katrol met ‘n totale gewig van 6.159kg.

• Jayden Nolte het twee visse gevang met ‘n gesamentlike gewig van 0.560kg.

Die swaarste karp van die dag (2.766kg) was deur Kallie Kriel gevang.

Darell Roos het die swaarste graskarp (6.193kg) gevang.

Die swaarste moddervis van die dag (0.565kg) was deur Stoltz uit die water katrol.

Steyn de Wet het die swaarste baber (0.272kg) gedurende die dag gevang.

Ingrid Kriel het die swaarste geelvis (0.655kg) die dag gevang.

Die klub se volgende kompetisie sal by Rooibult op 3 Desember plaasvind.

Vir meer inligting, kontak vir Stoltz by 084 757 6058 of vir Jaco van der Merwe by 066 157 7848.

Related Articles

Back to top button