Herstelwerk na brand begin eersdaags

Die hoop is om die gebou tot sy vorige glorie te herstel.

Viljoen & Meek en CJ Human Prokureurs se kantore in Voortrekkerstraat is onlangs erg beskadig tydens ‘n brand.

Sakkie van den Berg van Viljoen & Meek het onlangs terugvoering gegee.

“Die oorsaak van die brand was ‘n elektriese kortsluiting. Die lugverkoeler of die fotostaatmasjien kon moontlik die oorsaak daarvan gewees het,” het hy gesê.

“Die herstelwerk gaan in Januarie 2023 begin en gaan ongeveer ses maande duur. Die hoop is om die gebou tot sy vorige glorie te herstel.”

Die prokureurs het vir tyd en wyl geskuif na Mertzstraat 40, totdat die herstelwerk afgehandel is.

“Gelukkig het die belangrike dokumente nie skade in die brand gelei nie. Ons is jammer vir die ongerief maar wil net al ons kliënte gerus stel dat besigheid terug na normaal is.”

Die firma kan by 016 341 4191/2 gekontak word of Sakkie van den Berg by 082 615 9220 of Corrie Human by 082 563 6322.

Exit mobile version