Local newsSchools

Klok lui laaste keer vir Graad Sewes

Die Graad Sewes van Vissieland het ook elkeen die geleentheid gekry om die skool se tradisie te laat voortleef.

Laerskool AG Visser se Graad Sewes het die laaste keer die skoolklok op 23 November hoor lui.

Die skoolhoof, Selma Marx het ook ‘n finale boodskap aan die Graad Sewe leerders oorgedra.

Die skoolhoof, Selma Marx.

“Bly besig en moet nie dat jou gedagtes ronddwaal nie. Let op wie jy bevriend en wie in jou geselskap is. Die belangrikste is hou vas aan jou geloof en staan sterk,” het Marx gesê.

“Bly positief en maak seker hoe jy die wêreld sien om jou drome en wense te verwesenlik. Werk hard aan jou drome en glo in jouself. Met al die kenmerke sal jy verseker bo uitkom,’ het Marx ter afsluiting gesê.

2022 hoofdogter, Janke Gerber en hoofseun Jordan Steyn lui die klok vir die laaste keer.

Die 2022 hoofleiers het elkeen ook die geleentheid gekry om vir oulaas ‘n boodskap te bring.

“AG Visser het ons Graad Sewes geleer om selfvertroue te bou en individueel te dink.

“Gryp elke geleentheid met beide hande aan en maak die beste van elke geleentheid.

Die hoofseun Jordan Steyn bring sy laaste boodskap.

“Ons elkeen is in ons eie wedloop besig. Dit hang van jouself af hoe jy die wedloop wil klaarmaak,” het die hoofdogter Janke Gerber het gesê.

Hoofseun Jordan Steyn het op sy beurt die volgende boodkspap gehad.

Die hoofdogter Janke Gerber het vir oulaas die leerders toegespreek.

“Hou jou fokus en werk aan die toekoms. Werk hard aan jouself en jou toekoms sal verseker rooskleurig wees.”

Die Graad Sewes van Vissieland het ook elkeen die geleentheid gekry om die skool se tradisie te laat voortleef.

Deel van hierdie tradisie is wanneer die leerders op die eerste dag van hul laerskool loopbaan die skoolklok lui om die nuwe fase van hulle lewe aan te dui. Dan weer, sewe jaar later, op die laaste dag van graad sewe, om die fase af te sluit en die nuwe fase van hulle lewe in te lei.

Related Articles

Back to top button