Local newsSport

Heidelberg bobaas teen Old Lions

Fish Visser was die speler van die wedstryd.

Heidelberg Krieketklub was gasheer vir die Old Lions Krieketspan tydens ‘n 50 beurt wedstryd op 29 Oktober.

Die wedstryd was deel van die Sentraal Goue Leeus Sondagliga.

Heidelberg het die loot gewen en besluit om eerste te kolf. Hulle het 238 lopies almal uit behaal.

Old Lions het toe gekolf en kon net 166 lopies aanteken voordat die laaste paaltjie in die 39ste boulbeurt geval het.

Die kolwers van Heidelberg wat die beste gevaar het is Fish Visser 55, Kean Duckitt 53 en Michael Barnard 50.

Heidelberg se boulers met die beste syfers is Ruben van Vuuren (5/38 in nege boulbeurte) en Andro Vosloo (3/23 lopies in ses boulbeurte).

Visser was die speler van die wedstryd.

• Heidelberg Krieketklub bied op 25 November ‘n gholfdag by Heidelberg Golfklub aan.

Fondse wat ingesamel word sal aangewend word vir die herstel van die krieket klubhuis wat in ‘n brand beskadig is.

Die afslaan is 09:30, met die langste dryfkompetisie om 11:00.

Vir meer inligting en om deel van die dag te wees kontak Johan Wentzel by 082 829 1318 of Dinecho Visser by 079 624 4034.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button