Nigel SAVF hou jaarvergadering

Tydens die vergadering het die tak ook hul nuwe bestuur gekies.

Die algemene jaarvergadering van die Suid-Afrikaanse Vroue Federasie (SAVF) Nigel-tak het op 17 Oktober plaasgevind.

Lede van die tak, sowel as skenkers en belanghebbendes het tydens die vergadering terug gekyk op die afgelope jaar.

Die tak se nuwe bestuur is ook gekies.

“Dié jaar vier die SAVF Nigel-tak sy 88ste bestaansjaar,” het Ina Hogewoning van die tak gesê.

“Ons is geseënd om oor die tydperk al soveel mense en gesinne te kon raak en help.”

Die tak voorsien behoeftige gesinne van kos, klere en ook berading. Tans versorg die tak sowat 35 gesinne in die gemeenskap.

“Ons wil dankie sê vir elkeen in ons gemeenskap wat ons ondersteun en bydraes lewer sodat ons ander kan help,” het Hogewoning gesê.

“Ons is afhanklik van hulp uit die gemeenskap en waardeer elkeen se ondersteuning deur die jaar.”

Die tak se nuwe bestuur bestaan uit ds Chris Engelbrecht (voorsitter), Ina Hogewoning (onder-voorsitter), Via Coetsee (tesourier) en Rose Pienaar (sekretaresse).

Vir meer inligting oor die tak se werksaamhede kontak Engelbrecht by 082 561 9081 en Ina Hogewoning by 073 676 1114.

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version