Local newsSport

Somer Rolbal Besigheidsliga bly ‘n wenner

Sanmac Trust is die 2022 Somer Besigheidsliga wenners.

Die Heidelberg Rolbalklub het die afgelope paar weke gasheer vir die somer besigheidsliga gespeel, waar Sanmac Trust as die 2022 wenners weggestap het.

Die toernooi word twee keer per jaar aangebied. Die vorige toernooi het in Maart plaasgevind waar LSC as wenners uit die stryd getree het.

Vicky Knoetze in aksie.

Die finale rondte van die somerreeks was op 27 Oktober gespeel.

Die ouderdomme van die spelers het gewissel van vroeg 20’s tot die oudste deelnemer wat 90 jaar oud is.

Heidelberg Rolbalklub se president Pieter van Heerden bedank die deelnemers tydens die prysuitdeling.

Die spanne was deelgeneem het was Auto Ren (Mans), Auto Ren (Dames), Bryte Insurance, Cubic Systems, LCS Admin, LCS Management, LCS Logistics, LCS, Mahindra Heidelberg, MMG, NTT VW, Phoenix Fasteners, Property Professionals en Sanmac Trust.

Die speler wat die meeste “touchers” gehad het is Jackie Claass en George Clarke (organiseerdeer van die besigheidsliga).

Op die laaste dag het elke span twee wedstryde gespeel waarna die prysuitdeling plaasgevind het.

Die speler was die meeste “touchers” gekry het was Jackie Carstens en die geesbeker het na die span van Property Professionals gegaan.

Lena Brits in aksie tydens die liga.

Cubic Systems was tweede en Bryte Insurance derde.

Die Sanmac Trust wenspan is Justin van As, Renier Jansen van Rensburg en PH McIntyre saam met George Clarke (organiseerder van die besigheidsliga).

“Die toernooi was in goeie gees gespeel en daar was altyd ‘n grappie tussen die spelers. Daar word verseker uitgesien na volgende jaar se besigheidsliga,” het Heidelberg Rolbalklub se president, Pieter van der Heever, gesê.

Eon Smit laat die bal rol tydens die Besigheidsliga.
Cubic Systems was in die tweede plek. Die span is Roelof Pansegrouw, Jackie Claassen, Werner Schipper Angeiliq Pansegrouw en George Clarke (organiseerder).
Die Sanmac Trust wenspan is Justin van As, Renier Jansen van Rensburg en PH McIntyre saam met George Clarke (organiseerder van die besigheidsliga).
Lena Brits in aksie tydens die liga.

Related Articles

Back to top button