Steve Hofmeyr kuier by Somerfees

Aanhangers van Steve Hofmeyr kan uitsien na sy optrede.

Die Golden Oldie Somerfees wat op 5 November deur die Nigel Tuiste vir Bejaardes aangebied word beloof om ‘n genotvolle dag vir oud en jonk te wees.

Die organiseerders was die afgelope maande hard aan die werk om seker te maak dat besoekers nie vir een oomblik spyt sal wees dat hulle die Somerfees bygewoon het nie.

Die verrigtinge skop reeds om 9:00 af by die kompleks van die AGS Aquila Gemeente, wat op die hoek van Johan van der Merwe- en Papawerstrate, Nigel geleë is.

Die bekende Just Wheels Motorklub van Brakpan en ander klubs uit die omgewing sal van vroeg hulle motors uitstal. Moderne asook veteraan voertuie sal van nader beskou kan word.

Die publiek sal ook heerlik kan kuier tussen ’n magdom stalletjies met allerhande lekkernye en interessante items.

Die hoogtepunt van die dag, is ‘n optrede deur Steve Hofmeyr, wat om 13:30 in die hoof auditorium sal plaasvind.

Kaartjies daarvoor kan by die kantoor van die Nigel Tuiste vir Bejaardes gekoop word of skakel vir Theresa Scholtz by 082 321 7067.

Alle inkomste van die dag is ten bate van die Tuiste vir Bejaardes Nigel.

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version