Local newsSport

Dorp is die huisbeker wenners vir 2022

Trotse tradisie leef voort in Volkskool se huisbeker.

In ‘n trotse ou tradisie wat jaarliks by Volkies plaasvind het Dorp vanjaar die 2022 huisbeker omhoog gehou.

Dorp en die Brakke (koshuis leerders) wedywer jaarliks vurig teen mekaar in verskillende sportsoorte om die gesogte huisbeker te wen.

Brakke se Attie Hanekom en Dorp se Wian Haasbroek voor die rugbywedstryd.

Dorp en Brakke het mekaar gedurende die jaar die stryd aangesê in atletiek, netbal, hokkie en krieket.

Die laaste sport kragmetings was die gholf, tennis, skaak en rugby wat verlede week beslis was.

Adjunkhoof Neels de Villiers slaan die bal af in ‘n vertoonwedstryd.

Dorp was deur die jaar wenners in seuns en meisies hokkie asook atletiek.

Brakke was bobaas in krieket en netbal.

Die Brakke hou die rugbytrofee omhoog.

Die gholf kragmeting het op17 Oktober plaasgevind, waar Dorp as wenners van die 18de putjie af weggestap het.
Tennis en skaak was op 19 Oktober beslis. Dorp was daar ook as wenners gekroon.

Die dorp se gholfspan met die gholfbeker.

Rugby was die laaste sport waarin daar kragte gemeet is. Die wedstryd het op 21 Oktober plaasgevind.
Brakke kaptein, Attie Hanekom, het na die wedstryd die rugbybeker omhoog gehou.

Brakke se gholfspan.

En aan die einde aan die dag kon Dorp, met swoeg en sweet, die huisbeker vir 2022 omhoog gehou.

Dorp se tennisspan nadat hulle op die tennisbaan konig gekraai het.
Volkskool se adjunkoof, Neels de Villiers kyk hoe Volkskool se hoof ‘n skuif maak in die skaak kragmeting.
Attie Hanekom (kaptein van die Brakke rugbyspan) ontvang die rugby trofee van Volkskool se hoof, Sias Botha.
Dorp hou die huis trofee omhoog.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button