Local newsSport

Spelers laat nie slaplê by Bokkieweek

Heidelbergers het goed gevaar tydens die onlangse Bokkieweek te Pretoria.

Die Bokkieweek wat die afgelope skoolvakansie by Hoërskool Oos-Moot in Pretoria plaasgevind het, was ‘n bedrywige week.

Verskeie Heidelbergers was deel van Vaal Driehoek, Oos Transvaal en Transvaal spanne.

Daar was verskeie sportsoorte gespeel en die ouderdomsgroepe het van o13 tot o19 gewissel.

Die Heidelbergers het hulle staal in snelbal, 7’s Rugby en krieket gewys.

Noa Froneman (o13) se oog is op die bal.

Van die spanne wat deelgeneem het was: Griekwas, Hoëveld, KwaZulu-Natal, Noord Transvaal Noord, Noord Transvaal Wes, Noord Vrystaat, Oos Transvaal, Stellaland, Suid-Oos Transvaal, Transvaal, Vaal Vriehoek, Verre-Noord, Vrystaat en Wes Transvaal.

Snelbalspelers van AG Visser Laerskool, Laer Volkskool en Hoër Volkskool het hul kant gebring vir die Oos Transvaal se spanne.

Amelia Strydom (AG Visser), Noa Froneman, Lunel Greyling en Emma Barnard (Laer Volkskool) was almal in die o13 span ingesluit.

Klaas Venter laat loop met die bal.

Die o15 span het Karin Venter, Lihandi Venter, Leila de Beer, Jon-Bonet Bauer, Logan Ligthelm, Lerize Liebenberg en Marileigh Mouton (Hoër Volkskool) in hulle geledere gehad.

Die o17-span se Heidelberg verteenwoordigers was Madeli Grobler, Zene van der Merwe, Rene Venter, Kayla Stimie en Melandi Grobler (Hoër Volkskool).

Karen Venter in aksie.

Die o13 spelers het nege rondomtalie rondtes gespeel en tot die semi finale deurgedring. Hulle moes op die ou einde met ‘n vierde plek huis toe gaan.

Die o15-span het 10 rondtes gespeel en het die semi finale gehaal. Hulle het ook met ‘n vierde plek weg gestap. Die o17-span het met ‘n vyfde plek klaar gemaak.

Na afloop van die Bokkie Week is Noa Froneman gekies om die o13-Steenbokspan te verteenwoordig.

Zene van der Merwe reg vir aksie.

Karin Venter en Lihandi Venter is tot die o15-President Span gekies en Leila de Beer en Jon-Bonet Bauer tot die uitnodiginspan. Madeli Grobler is vir die SA Bokkiespan gekies.

Jazmin Fourie en Marike Janse van Rensburg (Hoër Volkskool) was deel van die Vaaldriehoek o15 snelbalspan. Hulle het vyfde in hulle ouderdomsgroep geëindig.

Fourie is na afloop van die Bokkieweek tot die o15A-Presidentspan verkies.

Jon-Bonet Bauer in askie tydens Bokkie Week.

Klaas Venter (Hoër Volkskool, Graad Agt) o14 het vir Oos-Transvaal se sewesrugbyspan gespeel.

Kevin Human Nel (Hoër Volkskool o19), het vir Transvaal gespeel. Die o19s het vyfde plek verower. Kevin het uitgeblink met die kolf.

Venter is na afloop van die Bokkieweek gekies vir die SA o19-span.

Kevin Human Nel slaan ‘n grenshou.

Related Articles

 
Back to top button