Local news

Sang en lekker kos sorg vir genotvolle aand

Die plan is om net voor die Kersseisoen ‘n Kersboom vir kinders in die area aan te bied.

Op 30 September het NG Kerk, Rensburg, se Barmhartigheidsdiens ‘n liefdadigheidsaand aangebied.

Dit het in die Adler Restaurant by die Heidelberg Heritage Museum plaasgevind.

Diegene wat die geleentheid bygewoon het was getrakteer op ’n driegang maaltyd en musiek.

Die opening van die aand was deur ds Quinten Schimpers waargeneem wat beklemtoon het dat elke persoon waarde in die lewe het.

“Die geheim is om die waarde te ontgin en dit uit te stal vir die wêreld om te sien.

“Elke persoon moet elke dag ten volle leef en nie afwyk van hulle geloof nie. Jou geloof sal jou deurdra ongeag hoe moeilik of swaar tye in jou pad staan,” het Schimpers gesê.

Phillip en Lurianne Moolman het die gaste vermaak met musiek, wat gewissel het van Afrikaanse tradisionele musiek tot Neil Diamond treffers.

NG Kerk, Rensburg, se Barmhartigheidsdiens is nie net vir NG Kerk lede nie. Die groep reik uit na die gemeenskap.
Verder probeer die Kosmos groep elke kwartaal iets aanbied om die behoeftiges te help.

Die plan is om hopelik net voor die Kersseisoen ‘n Kersboom vir kinders in die area aan te bied.

Skenkings om hul goeie werk te kan voortsit is altyd nodig en welkom.

Skakel die NG Kerk Rensburg se kantore by 064 943 0083 as jy ‘n bydrae wil maak.

Related Articles

Back to top button