Local newsSport

Titaniese uitdaging deur Heidelbergers aangepak

Verskeie plaaslike boere in Clarens wat aan die natuurreservaat grens het hulle plase oopgestel.

Agt Heidelbergers het op 4 September aan die Titanic Uitdaging by Clarens, Vrystaat gaan deelneem.

Die groep het die uitdaging aangegryp waar hardlopers en stappers die lang pad aangedurf het in die 10km, 21km of 35km roetes.

Die Titanic Uitdaging is deur die Clarens Conservancy Village aangebied om fondse in te samel vir natuurbewaring.

Daar was in totaal sowat 600 deelnemers wat deelgeneem het. Sewe Heidelbergers het die 21km roete aangedurf.
Die deelnemers was Elna de Waal, Monique du Plessis, Juan Goosen, Lodewyk Joubert, Solien Oosthuizen, Madeleine Streicher en Elmula Venter.

Esna Goosen het die 35km roete aangepak.

Esna Goosen het tweede oor die eindstreep die 35km roete klaargemaak.

Verskeie plaaslike boere in Clarens wat aan die natuurreservaat grens het hulle plase oopgestel sodat die roetes deur die plase kon strek.

Gedeeltes van die roete was oor ‘n berg waar die deelnemers aan toue moes vasklou om oor die berg te kon kom.
Esna Goosen was die tweede deelnemer wat die 35km roete voltooi het.

Al die Heidelbergers wat aan die uitdaging deelgeneem het het die roete suksesvol voltooi.

Related Articles

Back to top button