Local news

Rensburg is in booswigte se visier

Die gesin se honde is vergigtig en die volgende aand is daar skade op die perseel aangerig.

‘n Gesin van Walkerstraat, Rensburg, se honde is op 10 September vergiftig en die aand daarna is eiendom op die erf beskadig.

“Die honde word in die aand in die binnehof toegemaak, juis om hulle te beskerm teen vergiftiging,” het Lorraine Wheeler gesê.

“Dit is ‘n bitter pil om te sluk en om te verwerk.”

Wheeler glo dit is dieselfde skelms wat op 11 September teruggekeer het na die woning en in die proses die hekmotor, slotte en ‘n deur beskadig het.

Daar is ‘n vermoede dat die booswigte Wheeler se seun, Henro, se motorfiets wou steel.

“Dit blyk dat die diewe hande viervoet om die huis gekruip het sodat niemand hulle van buite kon gewaar nie. Daar is duidelike tekens waar hulle oral was,” sê Wheeler.

Die hekmotor wat beskadig is.

Die SAPD is besig om dié voorval, sowel as ander voorvalle wat die afgelope tyd in Rensburg voorgekom het, te ondersoek.

Die woonbuurt het die afgelope tyd gebuk gegaan onder verskeie insidente van misdaad.

Enige iemand wat onraad vermoed of verdagte persone opmerk kan dié nommers kontak Polisie sektor voertuie:

071 675 7292, 071 675 7294, 071 675 7296, 071 675 7293, 071 675 7396 of die Heidelberg Vispol (Visuele Polisiëring) Lt Kol Muzikayise Nkabinde op 082 461 2505 of die Heidelberg Polisiestasie by 016 341 0343, 016 341 0350, 016 341 0361.

Related Articles

Back to top button