Local newsSport

Hengelklub lede katrol byna 100 visse in

Die klub se lede het hul maandelikse kompetisie by Rosslee langs die Vaaldam geniet.

Sowat 27 lede van die Balfour Hengelklub het op 13 Augustus aan die klub se maandelikse klubkompetisie by Rosslee langs die Vaaldam deelgeneem.

‘n Totaal van 94 vis, met ‘n totale gewig van 73.813kg, is ingekatrol.

Zaskia Schutte met die vis wat sy tydens die kompetisie gevang het.

Die wenners was soos volg (plekke word van eerste tot derde aangedui):

• Senior mans: Bennie Kriel (21 vis met ‘n gewig van 11.424kg), Luan Muller (nege vis met ‘n gewig van 11.195kg) en Koos Erasmus (vyf vis met ‘n gewig van 6.333kg).

• Vroue: Ingrid Kriel (sewe vis met ‘n gewig van 2.682kg), Darell Roos (vier vis met ‘n gewig van 1.323kg) en Zaskia Schutte (twee vis met ‘n gewig van 3.267kg).

• Juniors: Kallie Kriel (vier vis met ‘n gewig van 4.112kg) en Anthony Muller (een vis met ‘n gewig van 2.403kg).
Tydens die kompetisie het Bennie Kriel ook die swaarste karp (2.081kg) gevang.

Kallie Kriel glimlag breed met sy graskarp tydens die kompetisie.

Heine Terblanche het die swaarste graskarp (2.695kg) gevang.

Die swaarste moddervis (0.979kg) was deur Kallie Kriel gevang.

Luan Muller het die swaarste geelvis (0.469kg) gevang.

Die klub se volgende kompetisie sal by Steyns langs die Vaaldam op 3 September plaasvind.

Vir meer inligting oor die klub of om aan te sluit, kontak vir Lukas Stoltz by 084 757 6058 of vir Jaco van der Merwe by 066 157 7848.

Related Articles

Back to top button