Local newsSport

Arno werk hard aan sy toekoms

Carstens se droom is op eendag wêreld kampioen te wees.

Arno Carstens van Ability Academy Heidelberg het van 17 – 20 Augustus aan die IMMAF, MMA Wêreld Kampioenskappe in Abu Dhabi deelgeneem.

Carstens het sy man goed gestaan en in twee gevegte deelgeneem.

Alhoewel Carstens nie aan die wenkant was nie, was hy na die toernooi agtste op die ranglys geplaas.

Daar was altesaam 42 lande wat deelgeneem het en Suid-Afrika het negende geëindig.

Arno Carstens en sy afrigter, Stefan Pretorius.

Suid-Afrika het altesaam 21 jeug atlete na Adu Dhabi toe gestuur.

Arno was skaars tuis toe hy homself ‘n paar uur later in die oefenkryt was waar hy hard aan die werk was om aan sy vegkuns te skaaf.

“Alhoewel Arno nie met ‘n wen huis toe gekom nie is hy baie gemotiveerd en het hy slegs ‘n paar uur nadat hy geland het sy eerste oefensessie ingepas,” het Stefan Pretorius, Ability Academy se afrigter gesê.

“Hy gaan die ondervinding gebruik tot sy voordeel en homself opbou van hier af om eendag as wêreldkampioen gekroon te word.”

Related Articles

Back to top button