Crime

Diewe teiken plaaslike besigheid

Die CCTV kamares wys dat dieselfde persoon twee aande agter mekaar die gasbottels gesteel het. Die saak is by die polisie aangegee en word tans ondersoek.

Pitstop Carwash and Diner op die hoek van Du Preez en Begemanstraat loop die afgelope tyd erg deur met inbrake.

Op 4 September was die plek vir die derde keer die teiken van inbrekers, sedert die besigheid in Julie sy deure geopen het.

Die besigheid se doel is om ‘n familie kuierplek te wees, waar kinders ook veilig kan speel terwyl jou voertuig gewas word.

Die wiele van die ou kar wat by die kinders se speelarea is, is gesteel.

Inbrekers maak dit egter moeilik om die nuwe besigheid van die grond af te kry.

Drie gasbottels, ‘n battery uit die besigheidsvoertuig wat gebruik word vir aflewerings, asook die bande van ‘n ou voertuig, wat in die speel area staan, is weggedra deur diewe.

DIe heining is oopgebreek om toegang tot die perseel te verkry.

Die CCTV kameras toon dat dieselfde persoon twee aande agter mekaar terug gekeer het om die gasbottels te steel.

Die voorvalle is by die SAPD aangemeld en word tans ondersoek.

Related Articles

Back to top button