Crime

Borgaansoek in Pyne saak nie toegestaan nie

Pyne moet in aanhouding bly.

Jaén-Lee Pyne (30) , die verdagte in die skietvoorval wat op 3 Julie in Ueckermannstraat afgespeel het waartydens Etienne du Preez (74) oorlede is en Flip Minnaar (66) beseer is, het vanoggend (6 Augustus) weer in die Heidelberg se landdroshof verskyn.

Die verskyning was om uitslag te kry vir die formele borgaansoek wat op 31 Julie ingedien was.

Pyne is op 8 Julie in hegtenis geneem nadat hy homself aan die polisie oorgegee het.

Hy staar aanklagte van moord asook poging tot moord in die gesig.

Landdros Gerhard Strydom het in sy uitslag gesê dat om te oorweeg dat borg toegestaan word moet daar buitengewone omstandighede wees.

Volgens die eerste verslae van die verdediging was daar nie voldoende omstandighede om die borgaansoek toe te staan nie.

Strydom het daarmee die borgaansoek nie toegestaan nie en Pyne moet in aanhouding bly.

Die saak is tot 5 September uitgestel vir verdere ondersoek.

LEES OOK: Pyne saak weer uitgestel vir formele borgaansoek

Related Articles

Back to top button