Moordverdagte verskyn weer in die hof

Die saak is vir 'n tweede keer uitgestel.

Die verdagte in die skietvoorval in Ueckermannstraat op 3 Julie, waar Etienne du Preez (74) koelbloedig gewond en Flip Minnaar (66) beseer is, het op 17 Julie sy tweede verskyning in die Heidelberg Landdroshof gemaak.

Die saak teen Jean-Lee Payne (30) is in ‘n volgepakte hofsaal uitgestel tot 25 Julie vir ‘n formele borgaansoek.
Payne sal in aanhouding bly tot sy volgende hofverskyning.

Na wat verneem word, het die petisie wat in die omgang is om borg teen te staan, al sowat 2 500 handtekeninge daarop.

Exit mobile version