Gemeenskap maak stem dik by verdagte se eerste hofverskyning

Die verdagte se volgende hofverskyning is op 17 Julie.

Die verdagte in die skietvoorval in Ueckermannstraat op 3 Julie, waar Etienne du Preez (74) koelbloedig gewond is en Flip Minnaar (66) beseer is, het vanoggend (10 Julie) in die Heidelberg se landdroshof verskyn.

Die verdagte is deur ‘n spesiale span van die SAPD op 8 Julie in hegtenis geneem.

Hy staar aanklagte van moord asook poging tot moord in die gesig.

‘n Skare, wat buite die hof saamgekom het, het hul stem dik gemaak en onder andere uitgeroep: “Geen borg nie” en “Ons wil hom nie in ons strate hê nie”.

Die verdagte se volgende hofverskyning is op 17 Julie en hy sal tot dan in aanhouding bly.

Een van die plakate wat buite die hof omhoog gehou is.
Exit mobile version