Skiet voorval eis bekende inwoner, beseer nog een

Die gemeenskap probeer nog sin maak van die tragiese voorval.

Inwoners van die dorp probeer nog sin maak van die voorval gistermiddag (3 Julie) waar twee bekende Heidelbergers ongeveer 14:30 in Ueckermannstraat geskiet is.

Volgens inligting is een van die mans oorlede en die ander een is per helikopter na ‘n hospitaal vervoer.

Beide was betrokke by die gemeenskappolisiëringsforum.

Die name van die twee mans is bekend aan die HERAUT maar sal eers bekend gemaak word nadat ‘n amptelike polisieverklaring uitgereik is.

Meer inligting sal volg.

Exit mobile version