CrimeUpdate

Opvolg: GPF lede geskiet: Polisiesoektog na moordenaar aan die gang

Skietery ruk Heidelberg.

Die twee bekende Heidelbergers wat gister (3 Julie) koelbloedig in Ueckermannstraat geskiet is, het volgens inligting saam gaan koffie drink toe die tragedie plaasgevind het.

Flip Minnaar (66) en Etienne du Preez (74) het ongeveer 14:30 in Ueckermannstraat geloop toe beide deur ‘n man geskiet is.

Flip Minnaar het gister ‘n noodoperasie ondergaan.

Die polisie ondersoek die moontlikheid dat ‘n man op ‘n silwer Triumph Daytona met die skietery verbind kan word.

Nooddienste was vining op die toneel, wat afgesper is.

Die mediese personeel het noodhulp op Minnaar en Du Preez toegepas voordat beide na die hospitaal vervoer is.
Minnaar is later per helikopter na ‘n ander hospital vervoer waar ‘n noodoperasie op hom uitgevoer is.

Du Preez het egter aan sy beserings beswyk. Sy vrou, Elma en seun, Alwyn was by sy hospitaal bed toe hy oorlede is.

Etienne du Preez is oorlede.

Beide die mans was deel van die Heidelberg Gemeenskapspolieëringforum.

‘n Nagwaak word vanaand (4 Junie) by Du Preez se huis gehou.

Du Preez word oorleef deur sy vrou Elma, kinders Alwyn, Lelina, Vedette en Nadine asook kleinkinders.
Die SAPD is tans besig om die voorval te ondersoek.

Die provinsiale polisie woordvoerder Luitenant Kolonel Mavela Masondo het bevestig dat ‘n saak van moord sowel as poging tot moord ondersoek word.

LEES OOK: Skiet voorval eis bekende inwoner, beseer nog een

Die plek waar die twee Heidelbergers koelbloedig geskiet was.

Related Articles

 
Back to top button