Local newsNews

Heidelberg is dorp van die jaar

“Ons is baie dankbaar vir almal wat gestem het vir ons mooi dorp en is baie trots om die titel van dorp van die jaar te kan dra. 

HEIDELBERG – Heidelberg is vanaand (28 Julie) op Kyknet se program Kwêla aangewys as die dorp van die jaar vir 2024.

Albert Grobler en Nicolene Neveling van Heidelberg Hoop was die gaste op Kwêla toe Hannes Van Wyk, aanbieder, die aankondiging gemaak het.

“Ons is baie dankbaar vir almal wat gestem het vir ons mooi dorp en is baie trots om die titel van dorp van die jaar te kan dra.

“Ons wil baie graag die unie-sportvelde opgradeer sodat die dorp se sportsterre op tuisgrond hul vernuf kan wys,” het Neveling gesê.  Heidelberg Hoop, het sedert Februarie die jaar verskeie opknappingswerk en skoonmaak projekte in en om die dorp gedoen.  Daar was ook mure vefraai met muurkuns en asblikke wat vrolik geverf was, is opgesit op verskeie plekke in die strate van die dorp.

Die titel van ‘Dorp van die jaar’ sal vir Heidelberg ‘n hupstoot gee om verdere projekte te doen en om sodoende die dorp te herstel na sy verdiende glorie om veral toeriste te betrek.  Heidelberg was die dorp met die meeste stemme en wen ’n ongelooflike R1 miljoen se bemarkingswaarde van Kyknet. Homebrew Films, die vervaardigers van Kwêla, sal ’n 45 sekonde advertensie oor  Heidelberg maak, wat gedurende Kyknet se advertensietyd uitgesaai sal word.

Daar sal ook ’n groot opskop in Heidelberg gehou word met musiek, kos, pret en natuurlik wendorp-gees! Kwêla sal daar wees om die geleentheid te verfilm, en dit sal later die jaar uitgesaai word. Lottoland skenk ook in hulle eie hoedanighed R1miljoen se kontantprys vir Heidelberg om terug te ploeg in die dorp en sy gemeenskap.

Related Articles

Back to top button