Local newsNews

Eenheid Suikerbos pak 2024 by die horings

‘n Bykomende diens wat vanjaar gebied sal word is pastorale dienste.

HEIDELBERG – Die Suid-Afrikaanse Weermag Vereniging, Eenheid Suikerbos het nie gras onder hulle voete laat groei na 2023 se suksesse nie en is klaar druk besig om daarop voort te bou.

Die eenheid het gedurende 2023 meer as 100 projekte suksesvol aangepak, en selfs gedurende die afgelope feesseisoen steeds gewoeker.

Daar is onder andere besoek gebring aan die Heidelberg SAPD asook die brandweer waartydens eet- en drinkgoed aan die personeel geskenk is.

Een van die lede (Hannes Louw) het ook gedurende die feestyd dit op homself geneem om die mure van die Heidelberg SAPD se raadsaal op te knap en oor te verf.

Die eenheid se eerste vergadering van die jaar was op 11 Januarie gehou waartydens voorlopige beplanning vir 2024 bespreek was.

“Ons prioriteit is nog steeds die weermag veterane maar ons staar ons nie blind teen die gemeenskap se swaarkry nie en sal dus poog om te help waar ons kan,” het Frik van Niekerk, voorsitter van die eenheid gesê.

“Ons is van die gemeenskap en wil terugploeg in die gemeenskap.”

Die eenheid se beplanning vir die eerste gedeelte van die jaar sluit rommel- en wit olifant verkopings in. Al die geld wat ingesamel word, sal terug geploeg word in die gemeenskap in.

“Die rolstoel projek is nog steeds hoog bo aan ons lys en ons wil verseker dat die wiele aan die rol bly.”
(Timken borg die laers vir die rolstoele).

In 2023 is 50 behoeftiges gehelp met rolstoele en looprame.

“Die aanvraag na rolstoele en looprame is baie groot,” het van Niekerk gesê.

Daar is ook beplanning vir ‘n familiedag asook ‘n pretloop gedurende die jaar. Sewe jeugkampe word ook vir die eerste kwartaal van die jaar beplan.


LEES OOK: Nigel Rugbyklub begin voorbereiding vir die seisoen 


Tydens dié kampe sal belangstellende jongmense bygestaan word in onder andere geestes verryking, leierskap en oorlewing.

Verder beoog Eenheid Suikerbos ook om inskakel te skakel by die plaaslike Voortrekkers, ATKV en die Heidelberg Erfenis Vereniging.

Daar sal ook gekyk word na maniere om skole, waar kos nood onder behoeftige leerders is, by te staan.

Een van Eenheid Suikerbos se sukses verhale van 2023 is die bye boerdery wat op die been gebring is en waar sewe toekomstige bye boere geld kan verdien uit die boerdery. Die eerste heuning oes is so pas gemaak.

‘n Bykomende diens wat vanjaar gebied sal word is pastorale dienste, waarvan enigiemand gebruik kan maak.
Vir dié doel kan past Gert van Rooyen by 079 232 1364 gekontak word.


LEES OOK: Debt decisions in 2024: The difference between good and bad debt

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button