Local newsNewsSport

Nigel Rugbyklub begin voorbereiding vir die seisoen

Nigel Rugbyklub speel tans in die mededingende Valke Rugby Unie se Merlin liga.

Nigel Rugbyklub is reg om 2024 af te skop en voort te bou op die sukses wat die klub in 2023 beleef het.

Die klub se eerste amptelike oefening is op 9 Januarie by die John Vorster Stadion in Nigel.

Huidige spelers asook toekomstige spelers wat by die klub wil inskakel word aangeraai om die oefeninge by te woon.

Spelers moet 18 jaar en ouer wees. Nigel Rugbyklub speel tans in die mededingende Valke Rugby Unie se Merlin liga.

“Daar is verwagting dat die liga vanjaar baie kompeterend gaan wees en elke span sal elke week hulle beste moet uithaal,” het ‘n woordvoerder van die klub aangedui.

Vir meer inligting kontak vir Anita Cilliers by 082 409 3603. Die klub is ook op soek na afrigters wat deel van die klub wil word.

Die vereistes is soos volg: IRB level 1 (minimum), polisie klaring en geldige BokSmart gradering.

Kontak vir Anita Celliers by 082 409 3603 of stuur ‘n e-pos na anitacelliers27@gmail.com


Related Articles

Back to top button