Heidelberg en Nigel se dagboek

Hou 'n oog op die datums vir gebeure in jou area.

HEIDELBERG
Die Silveroaks parkrun vind elke Saterdag om 08:00 by Houtpoort 392, Heidelberg plaas. Drawwers en stappers word uitgenooi om die 5km roete saam met die gemeenskap te geniet. Vir meer inligting, besoek die Silveroaks parkrun Facebook blad.
• Die Suikerbosoord hou elke eerste Vrydag van die maand ‘n pannekoek fondsinsameling. Indien enige persone wil help kan hulle Marthie Greyling by 084 548 2665 kontak. Vir meer inligting kontak Marlene Walkden by 079 974 7221.
• Die Suikerbosoord Kliniek bied elke Woensdag vanaf 11:00 tot 13:00 verskeie noodsaaklike dienste aan die gemeenskap. Die kliniek is by Freemanstraat 2. Kontak die kliniek by 016 349 5180 vir besprekings asook koste navrae.

November 4
SA’s Mystery Ghost Tours will include a tour in Heidelberg on this day. Heidelberg’s Halloween ‘Mystery Ghost Tour’ will include and highlight many of the towns’ historic sights such as the klipkerk and the Blue Lady of Hoër Volkskool and many more. Dress-up is encouraged. All details, ages, price and bookings are to be found on the tours’ website at www.MysteryGhostProductions.co.za which also has a discount stay over option.

NIGEL
Die Heigel Fotoklub vergader elke tweede Woensdag om 18:30 by die Eeufees Oord Dienssentrum. Vir meer inligting, kontak Francois van Jaarsveld by 083 659 9657.
• Ferryvale parkrun vind plaas elke Saterdag om 08:00 by Jim Fouché Park. Drawwers en stappers word uitgenooi om die 5km roete saam te geniet. Vir meer inligting besoek die Ferryvale parkrun Facebook blad.
• The Friends of Marievale Nature Reserve meet every second Saturday of the month in the conference centre at the Marievale Nature Reserve after the Springs/Nigel Wessa meeting, which starts at 09:00. Interested parties are welcome to attend. For further details, contact Dee Johnson at 011 730 2059 or Justin Donaldson at 072 373 7151.

4 November
Die NG Kerk Moedergemeente het die jaarlikse groot veiling van los goedere op die dag. Die veiling sal by die kerk by Kerkstraat 94 om 10:00 die oggend begin, alhoewel gaste alreeds eet- en drinkgoed vanaf 09:00 kan koop. Daar sal ook ‘n Ditjies en Datjies tafel wees asook tweedehandse boeke te koop wees. Vir meer inligting, kontak die kerk by 011 814 3560.

5 November
Op die dag om 09:00 hou die meeste Afrikaanse Christene verteenwoordigend van kerke, selgroepe, huiskerke en ekklesias ‘n gesamentlike verootmoedigingsdiens by die Aquila AGS Kerk in Visagiepark, Nigel. Die diens sal gelei word deur ds Frans Ras van die Hervormde Kerk in Nigel. Kore van die drie Afrikaanse skole sal tydens hierdie diens optree. Alhoewel die diens in Afrikaans gehou sal word is Engelssprekendes welkom by hierdie geleentheid. As aanloop tot hierdie geleentheid, sal kerkklokke in Nigel op Woensdae om 12:00 gelui word en 1 tot 4 November om 12:00. Vir meer inligting, kontak 082 411 4845.

Exit mobile version